Gaan na inhoud

Sjabloonbespreking:Inligtingskas Ampsbekleër: Verskil tussen weergawes

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
No edit summary
Lyn 47: Lyn 47:


::: Dit lyk of dit nou reg vertoon. Baie dankie vir die moeite met hierdie sjabloon. As my kop nie so plat was nie sou ek self daaraan gewerk het maar elke keer as ek probeer loop daar iets gruwelik skeef. [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 15:26, 4 November 2009 (UTC)
::: Dit lyk of dit nou reg vertoon. Baie dankie vir die moeite met hierdie sjabloon. As my kop nie so plat was nie sou ek self daaraan gewerk het maar elke keer as ek probeer loop daar iets gruwelik skeef. [[Gebruiker:Puvircho|Puvircho]] ([[Gebruikerbespreking:Puvircho|kontak]]) 15:26, 4 November 2009 (UTC)

:::: Geen probleem, ek geniet die kopkrappers. Dit is nou drie jaar wat ek met sjablone eksperimenteer en ek ag my nog glad nie as 'n pro nie.[[Gebruiker:Adriaan90|Adriaan90]] ([[Gebruikerbespreking:Adriaan90|kontak]]) 15:37, 4 November 2009 (UTC)

Wysiging soos op 15:37, 4 November 2009

Vertaling

Indien daar enigiemand is wat iets van sjablone af weet, sou u so gaaf wees as om hierdie sjabloon volledig in Afrikaans te vertaal? Ek weet te min om met sjablone te karring. Puvircho (kontak) 23:03, 19 September 2009 (UTC)[antwoord]

Haai, Puvircho. Wat is nog in Engels? As ek na die voorbeeld van Angela Merkel kyk (op die sjabloonblad), dan lyk alles vertaal. Slegs die veranderlikes (name, image, order, ens.) is nog in Engels, maar dis met opset so, sodat mens die inligting slegs van Eng. artikels hoef te kopieer. Anrie (kontak) 08:12, 20 September 2009 (UTC)[antwoord]
Ek kan Afrikaanse parameters langsaan die Engelses invul sodat die sjabloon wat van hieraf gekopieer word in Afrikaans sal wees, maar die gekopieerde info vanaf die Engelse Wikipedia steeds sal werk. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 09:17, 20 September 2009 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 11:55, 20 September 2009 (UTC)[antwoord]

Opvolger 3

Kan iemand asb. help. Daar wys niks in die inligtingskas wanneer daar 'n naam by opvolger3 ingevul is nie. Puvircho (kontak) 22:05, 30 September 2009 (UTC)[antwoord]

Daar was 'n opvolger3-parameter wat makeer het; ek het dit nou ingevul. Kan jy asb. kyk of dit werk soos dit moet? Ek kry nie nou 'n artikel waar daardie parameter 'n waarde het nie. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 08:53, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Dit lyk my dit verskyn korrek op Angela Merkel. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 08:58, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Dit vertoon nou reg by Robert Mugabe. Baie dankie. Puvircho (kontak) 14:03, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]

Eindiging van termyn

Die datum van die eindiging van 'n persoon se termyn in die eersre orde bly dieselfde as die aanvangdatum. Bv. by Sam Nujoma het sy termyn volgens die inligtingskan begin op 21 Maart 1990 en op dieselfde datum geëindig terwyl dit eintlik moet wees dat dit op 21 Maart 2005 geëindig het. Kan iemand help asb. Puvircho (kontak) 22:40, 30 September 2009 (UTC)[antwoord]

Ek gaan my bes doen om hierna te kyk, maar dit sal helaas eers in die naweek wees. Anrie (kontak) 07:54, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer. Dit lyk asof die parameter êrens omgeruil was. Ek het dit nou probeer regmaak. Kyk asb. of dit reg werk en laat weet gerus indien nog iets fout is! Hierdie foutjies lyk my kruip orals in wanneer ek aan die sjablone begin peuter. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 08:54, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
En dankie Anrie vir jou bereidwilligheid! — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 08:59, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Dankie vir die moeite, dit vertoon nou reg. Puvircho (kontak) 14:03, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Geen moeite. Ek voel altyd bietjie skuldig as ek orals rondkrap en goeters langs die pad breek. Maar nou het ons 'n volledig Afrikaanse sjabloon wat 100% (?) werk!  — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 14:17, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Dankie Adriaan! Ek het gans te min tyd deesdae vir Wikipedia. Hierdie einste boodskap tik ek terwyl ek met my klas in die rekenaarlokaal is en hulle hard aan die werk is. En dit terwyl ek net met iemand geraas het omdat hulle met iets besig was wat nie met skool uit te waai het nie! Anrie (kontak) 15:56, 1 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]

Redigering

Is dit dalk moontlik vir enigeen om die Sjabloon:Geboortedatum en ouderdom in hierdie en ander soortgelyke sjablone te inkorporeer? Tweedens, hoe kan 'n mens die kinders ook laat vertoon (kyk by Fidel Castro waar daar in die inligtingskas kinders ingevul is maar dit vertoon nie op die blad nie)? Puvircho (kontak) 21:58, 8 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer. ek het bietjie rondgesukkel, ek hoop nie daar het 'n fout deurgeslyp nie. Het nou net R20 se data gebruik vir die paar minute wat ek aanlyn was! Internetkoste is werklik siek (veral @ R2 per MG). — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 21:51, 9 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]

Jammer!

Jammer oor die gemors wat ek hier agtergelaat het! Was by die huis op 'n internetverbinding... R54 later is ek afgesny net toe ek sien ek het die sjabloon gebreek. Baie dankie aan dié wat hard gewerk het om dit reg te maak. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 12:38, 15 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]

Ek weet ek is lastig, maar dink jy dit is moontlik om ook 'n sjabloon te maak vir iemand wat dood is (soortgelyk aan Sjabloon:geboortedatum en ouderdom? Verder wys daar ook twee geboortedatums wanneer die veld "geboortedatum = " ingevul is en die ander velde is oop. Puvircho (kontak) 17:48, 15 Oktober 2009 (UTC)[antwoord]
Kan jy gou kyk of die geboortedatums nou reg vertoon? Ek het op Angela Merkel gekyk en daar word die datum nie twee keer gewys nie. — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 07:44, 4 November 2009 (UTC)[antwoord]
Dit lyk of dit nou reg vertoon. Baie dankie vir die moeite met hierdie sjabloon. As my kop nie so plat was nie sou ek self daaraan gewerk het maar elke keer as ek probeer loop daar iets gruwelik skeef. Puvircho (kontak) 15:26, 4 November 2009 (UTC)[antwoord]
Geen probleem, ek geniet die kopkrappers. Dit is nou drie jaar wat ek met sjablone eksperimenteer en ek ag my nog glad nie as 'n pro nie.Adriaan90 (kontak) 15:37, 4 November 2009 (UTC)[antwoord]