Gaan na inhoud

Florence

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur InternetArchiveBot (besprekings | bydraes) op 03:29, 15 Augustus 2021 (Rescuing 2 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8)

Florence
Firenze

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Italië Italië
 Distrik Toskane
 Koördinate 43°47′N 11°15′O / 43.783°N 11.250°O / 43.783; 11.250
 Gestig op 59 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 102,41 vk km
 Hoogte bo seevlak 50 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2017) 382 258
 - Bevolkingsdigtheid 3 732,6 vk/km
 - Metropolitaanse gebied 1 500 000
 Tydsone UTC +01:00
 Burgemeester Dario Nardella (PD)
 Amptelike webwerf comune.firenze.it
Vuurwerk oor die Ponte Vecchio of Ou Brug van Florence
Michelangelo se Dawid.

Florence (Italiaans: Firenze) is 'n stad in Italië, die hoofstad van die streek Toskane, en die provinsie Florence. Die stad het omtrent 382 000 inwoners en is aan die Arno-rivier geleë. Dit is die bakermat van die renaissance en hiermee een van die bekendste kultuurstede in Europa. Die historiese sentrum van Florence is in 1982 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Museums in Florence

Die duomo

Belangrike museums in Florence sluit die Uffizi, geleë op die plein die Piazza della Signoria in, 'n kunsmuseum met skilderye van Leonardo da Vinci, Sandro Botticelli, Titiaan, Domenico Ghirlandaio, Hugo Van Der Goes en baie bekende Europese skilders; die Galleria dell'Accademia, met beeldhouwwerke (Michelangelo se 'David') en die Palazzo Pitti.

Eksterne skakels

Amptelike webtuistes

Kuns, argitektuur en ontwerp
Toerisme