Gaan na inhoud

Wolodimir Zelenski

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wolodimir Zelenski
Володимир Зеленський
Wolodimir Zelenski
Wolodimir Zelenski in 2023

6de President van Oekraïne
Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Mei 2019
Voorafgegaan deur Petro Porosjenko

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Januarie 1978 (1978-01-25) (46 jaar oud)
Kriwi Rih, Sowjetunie
(tans Oekraïne)
Politieke party Sloeha Narodoe - Dienaar van die volk
Eggenoot/-note Olena Zelenska (∞ 2003)
Kind(ers) 2
Alma mater Nasionale Ekonomiese Universiteit van Kijif (departement in Kriwi Rih)
Handtekening

Wolodimir Oleksandrowitsj Zelenski (Oekraïens: Володимир Олександрович Зеленський;[nota 1] gebore 25 Januarie 1978 in Kriwi Rih) beklee sedert 20 Mei 2019 die amp van Oekraïense president. Hy is 'n voormalige akteur en komediant.[1]

Zelenski het as 'n Russiessprekende grootgeword in Kriwi Rih, 'n groot stad in die Dnipropetrofsk-oblast in Sentraal-Oekraïne. Hy het 'n graad in die regte verwerf en later 'n loopbaan in die media- en rolprentbedryf gevolg as akteur, draaiboekskrywer, televisieaanbieder en rolprentvervaardiger. In 2003 het hy die rolprentateljee Студія Квартал-95 (Stoedija Kwartal-95) gestig, wat rolprente, strokiesprente en TV-programme vervaardig. Daaronder was die TV-reeks Dienaar van die Volk, waarin Zelenski die rol van die Oekraïense president vertolk. Die reeks is van 2015 tot 2019 uitgesaai en was uiters gewild. Werknemers by Kwartal-95 het in Maart 2018 'n politieke party met dieselfde naam as die TV-reeks gestig.

Presidentskap

Zelenski het op die aand van 31 Desember 2018 sy kandidatuur in die verkiesing van 2019 aangekondig. As 'n politieke buiteperd was hy reeds een van die gewildste moontlike kandidate in meningspeilings voor die verkiesing. Hy wen die verkiesing deur 'n stempersentasie van 73,2 persent op hom te verenig en daardeur die destydse president, Petro Porosjenko, te verslaan. Hy het verklaar dat hy teen die establishment en teen korrupsie sal optree.

Zelenski en sy vrou, Olena Zelenska, by die Hertog en Hertogin van Cambridge tydens 'n besoek aan Brittanje in Oktober 2020.

As president is Zelenski 'n voorstander van e-regering en eenheid tussen die Oekraïens- en Russiessprekende deel van die land se bevolking.[2] Hy gebruik die sosiale media baie in sy kommunikasie, veral Instagram.[3] Tydens sy bewind het Zelenski toesig gehou oor die opheffing van wetlike immuniteit vir lede van die parlement, die Werchowna Rada,[4] die land se reaksie op die Covid-19-pandemie en die daaropvolgende ekonomiese resessie en 'n proses om korrupsie by die horings te pak.[5][6]

Kritici beweer Zelenski het, nadat hy die mag van die Oekraïense oligarge weggeneem het, probeer om mag te sentraliseer en sy persoonlike posisie te versterk.[7][8]

Zelenski het in sy presidensiële veldtog belowe om sy land se uitgerekte konflik met Rusland te beëindig en pogings aan te wend om met dié land se president Wladimir Poetin 'n dialoog te voer.[9] 'n Toename in die spanning tussen die twee lande het sy administrasie in 2021 in die gesig gestaar, en dit het gelei tot die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Zelenski se strategie tydens die Russiese militêre opbou was om die Oekraïense bevolking gerus te stel en die internasionale gemeenskap te belowe dat Oekraïne nie wraak soek nie.[10] Hy het hom aanvanklik gedistansieer van waarskuwings van 'n dreigende oorlog, terwyl hy by Navo veiligheidswaarborge en militêre steun gevra het om die bedreiging die hoof te bied.[11]

Ná die begin van die inval het Zelenski krygswet in Oekraïne afgekondig, asook 'n algemene mobilisasie van die weermag. Hy het internasionaal agting verdien vir sy hantering van die krisis en is beskryf as 'n simbool van Oekraïense weerstand.[12]

Notas

  1. Sy naam op sy paspoort is Volodymyr Zelenskyy en sy administrasie gebruik dié spelling.

Verwysings

  1. Agency, Jewish Telegraphic. "Volodymyr Zelensky Was a Jewish Comedian. Now the World's Eyes Are on Him — Detroit Jewish News".
  2. Hosa, Joanna (2019). Zelensky Unchained: What Ukraine's New Political Order Means For Its Future (Report). ECRF. pp. 11–13. 
  3. Hosa, Joanna (2019). Zelensky Unchained: What Ukraine's New Political Order Means For Its Future (Report). ECRF. pp. 7–10. 
  4. "Ukraine Lifts Prosecutorial Immunity For Members Of Parliament". RadioFreeEurope/RadioLiberty (in Engels). 19 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2022. Besoek op 19 Februarie 2022.
  5. Peleschuk, Dan (15 April 2021). "Ukraine's anti-corruption effort struggles, but soldiers on". Eurasianet (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2022. Besoek op 19 Februarie 2022.
  6. Wilson, Andrew (6 Julie 2021). "Faltering fightback: Zelensky's piecemeal campaign against Ukraine's oligarchs – European Council on Foreign Relations". ECFR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2022. Besoek op 19 Februarie 2022.
  7. Hall, Ben; Olearchyk, Roman; Seddon, Max (21 Oktober 2019). "Ukraine: why Volodymyr Zelensky is pursuing a disruptive agenda". Financial Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2022. Besoek op 20 Februarie 2022.
  8. "Zelensky invokes Judaism to rally support for Ukrainian cause". France 24. 4 Maart 2022.
  9. Lutsevych, Orysia (16 November 2021). "Ukraine still backs Zelenskyy despite slow progress". Chatham House (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2021. Besoek op 19 Februarie 2022.
  10. "Conflict in Ukraine". Global Conflict Tracker (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2022. Besoek op 23 Februarie 2022.
  11. Seibt, Sébastian (18 Februarie 2022). "Military tactics: Zelensky plays both sides in Ukrainian crisis". France 24 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2022. Besoek op 19 Februarie 2022.
  12. Ledwidge, Frank (3 Maart 2022). "Ukraine war: what are Russia's strategic aims and how effectively are they achieving them?". The Conversation (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2022. Besoek op 3 Maart 2022.

Skakels