Gaan na inhoud

IUBN-rooilys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Luckas-bot (besprekings | bydraes) op 19:11, 26 November 2010 ([r2.5.2] robot Bygevoeg: la:IUCN Red List)

Die IUBN Rooi Lys van Bedreigde Spesies (ook bekend as die IUBN Rooi Lys of Rooidata Lys), geskep in 1963, is die wêreld se mees omvattende inligtingsbron van die globale Bewaringstatus van plant- en dierspesies. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) is die wêreldgesag aangaande die bewaringstatus van spesies[1].

Die IUBN Rooi Lys is opgestel met presiese kriteria om die uitsterwingsrisiko van duisende spesies en subspesies te evalueer. Hierdie kriteria is relevant tot alle spesies en alle gebiede van die wêreld. Die mikpunt is om die dringendheid van bewaring oor te dra aan die publiek en beleidskeppers, so wel as die internasionale gemeenskap, om die uitwissing van spesies te probeer verhoed.

Kategorieë

  • Uitgestorwe - 'n Takson is uitgestorwe as daar geen redelik twyfel bestaan dat die laaste individuele eksemplaar gesterf het nie.
  • Uitgestorwe in die natuur - 'n Takson is uitgestorwe in die natuur as dit sover bekend slegs onder verbouing, aangehou of as 'n genaturaliseerde bevolking (of bevolkings) buite sy vorige verspreidingsgebied aangetref word.
  • Krities bedreig - 'n Takson is krities bedreig as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat dit aan enige van die kriteria vir kritiese bedreiging voldoen en daarom beskou word dat dit 'n geweldioge hoë risiko loop om in die natuur uit te sterf
  • Bedreig - 'n Takson is bedreig as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat dit aan enige van die kriteria vir bedreiging voldoen en daarom beskou word dat dit 'n baie hoë risiko loop om in die natuur uit te sterf
  • Kwesbaar - 'n Takson is krities bedreig as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat dit aan enige van die kriteria vir kwesbaarheid voldoen en daarom beskou word dat dit 'n hoë risiko loop om in die natuur uit te sterf
  • Gevoelig (vir bedreiging) - 'n Takson is na aan bedreiging as dit teen die kriteria vir bedreiging beoordeel is maar nie kwalifiseer vir Krities bedreig, Bedreig of Kwesbaar nie maar naby daaraan is om in die nabye toekoms vir een van die kategorieë te kwalifiseer.
  • Van beskerming afhanklik
  • Lae risiko/Veilig - 'n Takson is van minste sorg as dit teen die kriteria beoordeel is maar nie kwalifiseer vir Krities bedreig, Bedreig of Kwesbaar nie. Taksa wat algemeen en volop voorkom behoort tot die kategorie.
  • Onseker/Onbepaald - 'n Takson is data gebrekkig as daar onvoldoende data bestaan om 'n direkte of indirekte beoordeling van die spesie se oorlewingsrisiko te maak
  • Nie geëvalueer nie - 'n takson se status is nie gevalueer nie as data daarvoor nog nie teen die kriteria vir bedreiging gevalueer is nie.

Verwysings

  1. Nature 389, 436 (2 October 1997) [1]

Eksterne skakels