Gaan na inhoud

Jinping-I-dam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Jinping-I-dam (eenvoudige Chinees: 锦屏一级水电站; tradisionele Chinees: 錦屏一級水電站), ook bekend as die Jinping-I-hidrokragstasie of die Jinping 1st Cascade, is 'n hoë boogdam, die hoogste in die wêreld, op die Jinpingdraai van die Yalongrivier (Yalong Jiang) in Liangshan, Sichuan, China. Bouwerk aan die dam het in 2005 begin en is in 2014 voltooi. Die kragstasie het 'n 3 600 MW-kapasiteit om tussen 16 en 18 TW·h (biljoen kW·h) jaarliks te produseer. Die kragstasie word aangedryf deur middel van die reservoir wat deur die 305 m hoë damwal geskep is. Die projek se doel is om energie vir die uitbreiding van industrialisasie en verstedeliking te verskaf, vloedbeskerming te verbeter en erosie te voorkom.